Hier volg 'n paar interessante feite oor die gesondheidswaarde van kruie en speserye. Hierdie inligting is
hoofsaaklik vir vars kruie; die
gedroogde weergawe in winkels word gemeng met "vullerplante" en het nie
dieselfde uitwerking as die vars produk of tinktuur (baie gekonsentreerde ekstrak) nie. Tinkture is by gesondheidswinkels te kry.
Borrie
- beskerm lewer teen gifstowwe
- bloedsirkulasie
- rumatiek
- inhibeer HIV-verspreiding in laboratorium
- OPPAS! Borrie vermeerder galafskeiding en mense met galprobleme moet dit nie gebruik nie. Kan maagwande irriteer
Origanum
- antibakteries, antiviraal en antifungaal
- bou immuniteit
- supermarkproduk bevat gemengde variteite en is dus nie so helend nie
Tiemie
- winderigheid
- koors
- antisepties
- beveg candida
- respiratories
Roosmaryn
- antibakteries en antifungaal
- help met probleemvel en uitslag
- spysvertering
- beskerm lewer
- stywe spiere
Pietersielie
- inhibeer vermeerdering van kankerselle
- beveg parasiete, wurms
- winderigheid
- skildklier
- spoel niere
- meer vit C as lemoene per gewig
Gemmer
- inflammasie
- kolonreiniger
- maagkrampe
- spierkrampe en rumatiek
- antimikrobies
- verlig naarheid
- OPPAS! Kan maagwande irriteer
Knoffel
- is bloedverdunnend; moet nie saam met antikoagulante gebruik nie
- antisepties, antiviraal, antibakteries, antifungaal
- die beste verkoue- en griepmedisyne op die mark!
Vinkel
- beskerm lewer, milt, niere
- winderigheid
Naeltjies
- antisepties
- antiparasities
- pynverligting
- OPPAS! Kan maagwande irriteer
Kaneel
- teen diarree
- naarheid
- sinuskongestie
- antifungaal
Seldery
- verlaag bloeddruk
- teen spierkrampe
- rumatiek
- diureties
Anys
- teen mukusvorming
- help verteringsprosesse
Basilie
- naarheid
- teen mukusvorming
No comments:
Post a Comment